Cecilia Rosslee (Sita) was op 18 December 1936 gebore en is op 1 November oorlede nadat sy voormalige Voorsitter van die Alberton Damesklub was.
“Ons dinamiese moeder het diep spore in die gemeenskap waar sy gewoon het getrap, asook in elkeen se lewe, wie se pad met hare gekruis het. Ons vier haar as moeder, ouma, kunstenaar, ywerige sakevrou en gemeenskapsleier,” sê haar kinders.
“Om te weet dat haar stem nou verewig stil gaan wees, dat haar kunstenaarshand nie meer gesiggies en skoentjies gaan skribbel-skrabbel nie… dat daar nie weer ‘n ‘Raphael’ op doek gaan voortkom nie, om te aanvaar dat die vlymskerp humorsin wat kon dartel en speel soos ‘n forel in helder water sommer net so verdwyn het, om te besef dat die veiligheids-net wat haar groot kompassie vir ons almal was, bloot net weg is, is skielik sommer baie moeilik om te aanvaar,” sê Derick Rosslee.
Die gedenkdiens was op Woensdag 13 November by die NG Kerk Tamboerskloof, Kaapstad om 12:00 gehou waar Cecilia privaat veras was.



