DIE bekende Toks van der Linde en Breyten Paulse van die KykNET TV-program, Toks en Tjops het op 11 Mei by Hoërskool Alberton, voor die afskop van die Alberton Derby op 12 Mei, gekuier.
Toks en Tjops is ’n informele kletsprogram waar Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer saam met gaste na die jongste rugbygebeure kyk. Hulle braai, sing en praat weekliks oor rugby.
Allies het gesorg vir ’n lekker rugby atmosfeer en 850 gaste het saam na die program gekyk wat lewendig uitgesaai was. Van der Linde en Paulse het oor rugby met die eerste spanne van Hoërskool Dinamika en Hoërskool Alberton gesels terwyl Vaaitjie (braaier) gesorg het vir iets om aan te kou.

Volgens Eline Jordaan, adjunkhoof, het hulle ook gesels oor Deon de Kok (oudleerling) wat in 2000 saam Van der Linde en Paulse Springbokrugby gespeel het. Hulle het ook van nog ’n oudleerling, Bernadette Coston (matrikulant van 2007), wat nou ’n chiropraktisyn is, gepraat.
Hoërskool Alberton het almal vir hulle ondersteuning en insette bedank.

READ:
Hoërskool Alberton blown away by Transvalia
Nuwe leerlingraad vir Hoërskool Alberton
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



