NewsSchools

Zanelle is tans besig met ’n matriekafskeid-projek vir twee hoërskole in Alberton

Ondersteun Zanelle se projek.

ZANELLE Huyzers, ’n leerder van Laerskool President Steyn, is tans besig met ’n matriekafskeid-projek vir twee hoërskole in Alberton.

“Ek wil graag die meisies wat dit nie kan bekostig om matriekafskeid toe te gaan nie, help. Ek het al ’n paar rokke, skoene en juwele,” het sy gesê.

Sy gaan sorg dat die meisies bederf word met iemand wat hulle naels, grimering en hare ook gaan doen.

Hoewel sy al ’n paar goed het, rig sy ’n versoek aan die gemeenskap om haar met nog rokke, skoene, handsakkies en juwele te help.

“Dit gaan ’n meisie se lewe verander, nie net vir een aand nie, maar ook vir die toekoms. Sy gaan eendag met haar foto’s by haar kinders kan spog. Ek hoop die inwoners van Alberton sal my projek ondersteun,” het Zanelle gesê.

Indien jy kan help kontak gerus haar ma, Rika, op 072 980 9835.

READ:

Sport dag by Laerskool President Steyn

Danél Marais van Laerskool President Steyn is in die o-12 Ekurhuleni netbalspan

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button