NewsSchools

GALLERY: Hoërskool Dinamika skenk twee bakkies vol kos

Namies #STOPHONGER saam met Helpende Hand

HOËRSKOOL Dinamika het twee bakkievragte vol kos aan Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak geskenk.

Dié idee is gebore uit personeellede wat in die media gelees het oor Helpende Hand se #STOPHONGER-projek.

Anet Rademeyer en Heila Heydenrych, twee administratiewe dames van Hoërskool Dinamika, het dadelik aan die werk gespring om nie-bederfbare voedsel in te samel. Met die ondersteuning van die skoolhoof, Johan Schutte, en fantastiese samewerking van leerders en hul ouers, is daar sakke vol kos by die skool afgelaai.

REG OM TE LAAI: Hoërskool Dinamika se leerders het aan die werk gespring en nie-bederfbare voedsel vir Solidariteit Alberton-tak se Helpende Hand se #STOPHONGER projek. Foto verskaf.

Johan Olivier, waarnemende voorsitter van Helpende Hand Alberton-tak, het onlangs die twee bakkievragte vol kos in ontvangs geneem. Aangesien die hoeveelheid kos wat ingesamel is alle verwagtinge oortref het, moes Dinamika se werksbakkie ook ingespan word om die vrag te vervoer.

Die voedsel word versprei vanaf die streekkantoor in Florida en 20 behoeftige gesinne in Alberton het reeds kospakkies ontvang.

DIS MOS KOS: Nie-bederfbare kos wat deur Hoërskool Dinamika ingesamel is word gesorteer om verder te versprei. Foto verskaf.

Sharné Labotski, ’n onderwyseres van Dinamika en ook die huidige Humanitarian of the Year, het ’n skenking van Theresa Clase van TOV Cleaning Services ontvang en die R2 000 is ook aan Solidariteit Helpende Hand Alberton-tak Studente Studiefonds oorhandig het.

AAN DIE WERK: Leerders van Hoërskool Dinamika ywerig besig om die bakkies vol kos te laai. Foto verskaf.

Helpende Hand se Studiefondssentrum ken rentevrye studielenings aan studente toe wat hulle dan weer begin terugbetaal sodra hulle afgestudeer het. Hierdie manier van werk sorg weer dat Helpende Hand ’n volhoubare meganisme kan onderhou waar die een student weer die volgende befonds.

Helpende Hand Alberton-tak wil die gemeenskap bedank vir hul onbaatsugtige bydraes.

Vir meer ligting oor Helpende Hand projekte of die Studente Studiefonds, kontak Johan Olivier 083 457 8009.

DANKBAAR: Johan Olivier (vyfde van links), waarnemende voorsitter Solidaritiet Alberton-tak bedank die skoolhoof, Johan Schutte, en ’n klompie van die leerders vir die voedsel wat ingesamel is. Foto verskaf.

Also Read:

Hoërskool Dinamika deel indrukwekkende sportnuus

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button