‘N DRAMA opvoering, genaamd My Japan, is op Dinsdag 24 Julie by Hoërskool Marais Viljoen opgevoer. Verskeie hoërskole van Alberton, soos hoërskole Alberton en Dinamika, het by Marais Viljoen gaan kuier om die opvoering saam te geniet.
My Japan, onder André Scholtz Produksies, is die Graad 11 leerders van Hoërskool Marais Viljoen se voorgeskrewe drama. Alberton se eie Schalk Schoombie is die drama se skrywer en dramaturg.

Leerders het ook die geleentheid gekry om vir Schalk vrae oor die inhoud van die drama te vra.
“Dit was ’n lekker oggend vol plaaslike kultuur,” het Wolfram Zwecker namens Marais Viljoen gesê.
“Die skool bedank almal wat dit moontlik gemaak het.”

*Fotos verskaf deur Wolfram Zwecker
Also Read:
Hoërskool Dinamika deel indrukwekkende sportnuus
Alberton High equestrian girls represents Ekurhuleni at the Gauteng finals
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



