VEELS GELUK: Voor is Lehandri Nel (adjunk-hoofmeisie), Carla Hattingh (hoofmeisie), Anru Pienaar (hoofseun) en Derik van Zyl (adjunk-hoofseun). Agter hulle staan die "ou" leierspan van 2018. Lucille de Villiers, (adjunk-hoofmeisie), Mariska Pieterse (hoofmeisie van 2018), Alewyn Vorster (hoofseun van 2018), en Divan Oosthuyse (adjunk-hoofseun).
HOËRSKOOL Marais Viljoen het op 17 Oktober hulle hoofleiers vir 2019 aangewys.
Die skool is trots om Carla Hattingh en Anru Pienaar as hulle nuwe hoofdogter- en seun vir 2019 te hé. Die leiers is tydens die jaarlikse prysuitdeling by die LewenSentrum aangekondig. Baie geluk aan elkeen.
TROTS: Die leierspan van Marais Viljoen luister na die eerste toespraak van die nuut-aangewese hoofleiers Anru Pienaar en Carla Hattingh.NUUT EN OUD: Voor: Carla Hattingh (hoofmeisie vir 2019) en Anru Pienaar (hoofseun vir 2019). Agter: Mariska Pieterse (2018 se hoofmeisie) en Alewyn Vorster (hoofseun van 2018).