CrimeNews

Meyersdal Pensoenaris onlangs van meer as R8 000 beroof

“Ek het weer my kaart probeer insit en die man het aangebied om my te help.

‘N PENSOENARIS en inwoner van Meyersdal is onlangs van meer as R8 000 beroof nadat haar kaart by ’n OTM by Bracken Gate gesteel is.

Dié 66-jarige, wat verkies om anoniem te bly, het op 3 Janaurie om 9vm geld by een van die OTM’s probeer trek toe sy agtergekom het dat haar kaart nie in die masjien wou ingaan nie.

Slinkse streke

“As ek sien die kaart wil nie ingaan nie, probeer ek nie eers verder nie. Dié oggend het ’n man ook agter my gestaan en toe ek omdraai toe sê ek dat daar fout is met die OTM. Net toe ek begin wegloop het hy gesê dat hy nou net na my geld kon trek en hy het sy kaart en kontant in sy hande gehad,” het sy vertel.

Al wat sy kan dink is dat hy reeds die note by hom gehad het en haar só teruggelok het om weer te probeer en sy was maar te dankbaar dat sy nie na ’n ander OTM moes ry nie.

“Ek het weer my kaart probeer insit en die man het aangebied om my te help.

“Alles het so vinnig gebeur want toe ek sien is my kaart weg. Maar die OTM vra vir my vir my pin kode en die groen lig wat gewoonlik flikker daar waar mens jou kaart insit het opgehou flikker. Ek het gedink my kaart is in die OTM.”

“Ek het my kode ingesit, maar niks het gebeur nie. Skielik was die ‘behulpsame’ man ook net weg,” vertel sy.

Dankbaar vir hulp

“’n Transitovoertuig het gestop en ’n werker kon seker op my gesig sien dat daar iets fout is en hy het my gevra of alles reg is. Ek het die storie aan hom vertel en hy het dadelik die OTM oopgesluit om te kyk of my kaart nog daar is. My kaart was weg en hy het my ook bewus gemaak van die 10 sent stuk wat in die gleuf ingedruk is.”

Dié man het haar aangemoedig om dadelik haar kaart te stop.

“Ek het nog ’n stop-kaart en ek het drie keer my kaart gekanselleer met dié maar dit werk blykbaar nie meer nie.

“Haastig het ek toe in my voertuig geklim en na Bracken City toe gery waar ek by die bank self ook my kaart gaan stop het. Soos wat ek gery het hoor ek my foon afgaan. Daar is R2 000 kontant getrek. Nadat ’n vrou by die bank my kaart gestop het, is nog twee transaksies deur. Die man het nuwe bande en ’n bed gekoop,” het sy vertel.

“Ek is baie gelukkig want ek het elke sent teruggekry, maar steeds wil ek dié met die gemeenskap deel om seker te maak dat almal ten alle tye paraat is. Hoewel dit baie ongerief vir my veroorsaak het, moet ek ook dankie sê aan die vrou wat my gehelp het. Sy was baie gaaf,” het sy gesê.

Veiligheid by sentrum:

Die inwoner het ook gekla oor die veiligheid by Bracken Gate.

“Dié oggend toe ek daar was, was daar nie een karwag of sekuriteitswag nie. Mense wat verby my geloop het, het my self aangeraai om nooit daar geld te trek nie, omdat diewe die OTM’s, wat langs mekaar is, gereeld teiken en so ook mense vang. Ek voel regtig dat die bestuurders van die sentrum meer moet oplet na sekuriteit veral naby die OTM’s,” het sy gesê.

Volgens die bestuurder van Bracken Gate is daar daagliks sowat agt sekuriteitswagte asook karwagte by die sentrum.

“Ons stel die gemeenskap altyd eerste en hulle veiligheid is vir ons belangrik,” het hy gesê.

ALSO READ:

Home repossession looms as pensioner drops R20 000 near bank in Brackenhurst

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button