Laerskool Randhart se atlete het uitstekend gevaar by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe onlangs.
Sewe atlete van Randhart het deelgeneem en saam het hulle ses medaljes terug gebring. Alex Pienaar het die semi-finaal van die 150m hekkies seuns o-12 gehaal. Allison Belligan het deelgeneem in die eerste rondte van 80m naelope dogters o-11. Luanne du Plooy het deelgeneem aan die verspring en hoogspring dogters o-11, waar sy onderskydelik 15de en 14de geeindig het. Cayden Ramage (o-13) het die semi-finaal van die 200m hekkies gehaal en ’n brons medalje vir die 80m hekkies verower. Alida van Dyk het sesde geindig in die 100m naelope vir dogters o-11, ’n derde plek in die aflos en tweede plek in die 70m hekkies. Ruan Mulder het met ’n goue medalje huis toe gekom na hy die 1 200m seuns o-10 gewen het. Salomé Nel het twee goue medaljes ontvang vir haar oorwinning in die 75m hekkies en die 200m hekkies. Sy is die eerste atleet van Laerskool Randhart wat twee goue medaljes by die SA kampioenskappe gewen het.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup




