NewsSchools

Laerskool Orion bied Interlaer Atletiekbyeenkoms aan

Laerskool Orion is hierdie jaar die gasheerskool wat die jaarlikse Interlaer Atletiekbyeenkoms aanbied.

ALBERTON – Die dag sal plaasvind op Donderdag, 13 Februarie, op die terrein van Hoërskool Dinamika. Die glansryke sportbyeenkoms is ‘n groot gebeurtenis op die kalender van alle Albertonners.

Aan hierdie byeenkoms sal die volgende skole deelneem: Laerskool Orion, Randhart, Generaal Alberts en President Steyn.

Die sportdag beloof om uit die boonste rakke aangebied te word en die skool dra hul dank oor aan Hoërskool Dinamika, wat hul sportvelde en pragtige fasiliteite aan Orion beskikbaar gestel het.

Tydens hierdie byeenkoms heers daar altyd ‘n gesellige atmosfeer waar gaste, ouers en ondersteuners saam die dag geniet.

Almal word hartlik uitgenooi om die dag saam met die Ories te geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button