Hoërskool Dinamika se atlete het behoorlik stof in die ander se oë geskop.
Tydens die Alberton Cluster, wat op 18 Februarie by Hoërskool Dr Malan plaasgevind het, het Dinamika omtrent uitgehaal en wys.
Riana Swart, ’n o-16-leerder van Dinamika, behaal eerste plek met die 100m hekkies, sowel as die 400m hekkies.
Luke Kearns (o-16) behaal eerste plek met die 200m en wen ook die 100m.
Met Dinamika se atlete wat so goed presteer het, het hulle van groep sewe en agt by die NWU Atletiekbyeenkoms, wat op 14 Februarie by Hoërskool Alberton plaasgevind het, na groep vyf en ses geskuif.
Pheletso Masilo (o-15) behaal eerste plek met hoogspring en verspring by hierdie byeenkoms.
Ethan van Wyk (o-17) ontvang ’n goue medalje vir die 200m en ’n silwer medalje vir die 100m.
Die skool wens dié atlete geluk met uitmuntende prestasies.



