NewsSchools

Vier skole ding mee by Interlaer

Vier skole het aan die Interlaer Atletiekkampioenskappe by Dinamika Hoërskool deelgeneem.

BRACKENHURST – Hoërskool Dinamika het hierdie jaar die voorreg gehad om die Interlaer op hul velde aan te bied met Laerskool Orion as gasheerskool op 13 Februarie.

Met die pawiljoen vol ouers wat hul kleingoed wou kom ondersteun, het die dag goed afgeskop. Ma’s en pa’s het net so hard gekompeteer om te sien wie kan die hardste vir hul kleingoed skree.

Vir die hoërskool was dit ‘n groot plesier om al die klein laerskoolkindertjies te sien snol vir die wenpaal.

Van die vier skole het Laerskool Randhart dit reggekry om die jaarlikse Interlaerskole Atletiekkampioenskap vir ‘n rekord agtereenvolgende negende keer te wen.

Die punte was soos volg: Randhart – 369, Orion – 238, President Steyn – 180 en Generaal Alberts – 144.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button