NewsSchools

Randhart aangewys as top atletiekskool in distrik

Laerskool Randhart word vir die sewende agtereenvolgende jaar aangewys as die beste atletiekskool in die distrik.

Laerskool Randhart se atlete het op die atletiekbaan tydens die 2020 seisoen uitgeblink. Reeds tydens die interlaer het hulle hul stem dik gemaak deur die interlaer vir die 15de agtereenvolgende jaar te wen. Van die kompetisie dring 59 atlete deur na die Albertonkampioenskappe waar 50 kwalifiseer om aan die Distrikkampioenskappe deel te neem. Tydens die Distrikkampioenskappe was 30 Ranties gekies om die Distrik op 13 en 14 Maart by die Gautengkampioenskappe te verteenwoordig.

Op 2 Maart, tydens ’n funksie by Royal Schools Alberton, was Laerskool Randhart as die beste atletiekskool in die Distrik vir die sewende agtereenvolgende jaar aangewys.

Die skool het hulle trots uitgespreek oor al die afrigters, onderwysers, ondersteuners en veral elke atleet wat ’n aandeel in die prestasie gehad het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button