NewsSchools

Laerskool Randhart se atletiek die beste

Tydens die distrik-kampioenskappe het 44 atlete deelgeneem en het besonder goed gevaar.

Laerskool Randhart is aangewys as die beste atletiekskool tydens die distrik-kampioenskappe wat verteenwoordig word deur Alberton, Germiston en Boksburg.

Tydens die Distrik-kampioenskappe het 44 atlete deelgeneem en besonder goed gevaar. ‘n Totaal van 16 atlete het deurgegaan na die Gauteng-kampioenskappe.

Met die Gauteng-kampioenskappe het dit net so goed gegaan en ‘n totaal van vyf atlete nl. Dian Mulder, Amoné Nel, FC Kotzé, Mia Stols en Chané Wilson is deur na die S.A. Kampioenskappe.

Die skool wens die atlete sterkte toe by die S.A. Kampioenskappe wat in die Paarl plaasvind van 20 tot 22 Maart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button