
BRACKENHURST – Tydens die toernooi het hulle stof in die oë van ander netbalreuse van regoor die land geskop, onder meer Laerskool Vastrap van Rustenburg (2de plek) en Laerskool Wierdapark van Pretoria (3de plek).
Verder spog die span ook met die bekers vir die beste senter van die toernooi – Mia Burger, asook beste hulpdoel van die toernooi – Rika Bezuidenhoudt.
Laerskool Orian het groot verwagting vir nog vele groot hoogtes in die seisoen vorentoe. Lew Geffen/Sothebys in Meyersdal is die amptelike borg van hierdie span.



