Community AnnouncementsNews
Mannekoorfees die naweek
Kom geniet 'n heerlike middag propvol koorsang tydens die Mannekoorfees hierdie Sondag.

BRACKENHURST – Kom maak ‘n draai dié Sondag, 22 Junie, by die NG Kerk Brackenhurst, Hennie Albertsstraat en geniet ‘n middag van koorsang.
Tydens die geleentheid sal daar vier kore optree: die Albertonse Mannekoor, Zola Metodistekoor van Soweto, Pretoria Mannekoor en die Heidelberg Mannekoor.
Verrigtinge begin om 15:00 en kaartjies teen R60 per persoon is beskikbaar by die deure of by 083 232 0359.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



