NewsSchools

Dinamika netbal reik na die hoogtes

Na afloop van die Winterspele, eindig Hoërskool Dinamika se o.14 A netbalspan eerste in die distrik.

ALBERTON – Die spele het oor twee rondtes plaasgevind, en Dinamika se span het daarin geslaag om bo uit te kom teen skole soos Dr. E.G. Jansen, Kempton Park, Hyde Park en Stofberg.

Dinamika se span eindig as nommer een in die Johannesburg-distrik en dring deur na die Provinsiale Toernooi wat in Augustus in Pretoria plaasvind. Ons wens hierdie span alle sterkte toe waar hulle hul skool en gemeenskap se naam hoog gaan hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button