Alberton- Die waterglybaan, swembad en volleyball het gesorg vir heerlike vermaak terwyl die mammas en pappas mekaar beter leer ken het om die braaivure.
Die Art Farm met sy groot bome en rustige atmosfeer was die ideale plek vir die geleentheid . Die plaas is net duskant die Eye of Africa gholfbaan en behoort aan Eugene en Ilse Bekker.
Die dag was ‘n groot sukses en die jaar beloof goeie dinge vir die leiers van Laerskool Randhart.
Ons wens hulle alle sukses toe vir 2015!



