Smullekker pannekoek
Die tyd het weer aangebreek vir Alberton Aftree-Oord om fondse in te samel en daar is nie 'n beter manier as om smullekker pannekoeke, soos net hulle dit kan opdis, te verkoop nie.

ALBERTON – Skryf sommer nou al die volgende datums in jou dagboek neer en maak seker dat jou bestelling voor 09:00 op die spesifieke Maandag vir jou pannekoeke geplaas is.
Datums om te onthou is 2 en 16 Februarie en ook 2, 16 en 30 Maart. Bestellings kan ook afgelewer word. Plaas jou bestellings by 011 907 8641.
Moet ook nie vergeet dat die oord op Saterdag 6 Junie weer hul twee-jaarlikse kermis aanbied nie. Die “A-Team” sal weer hard werk om besoekers nie teleur te stel nie. Vir verdere navrae kontak die oord by bogenoemde nommer.



