LAERSKOOL Randhart het hul 41ste verjaarsdag met 1 000 blou en rooi heluim ballonne gevier.
Die kinders het die ballonne uit die klaskamers gedra na die skoolvelde, waarna die hoofseun ‘n kort toespraak gemaak het en die hoofmeisie gebid het.
Na die skoollied gesing is, het die kinders terselfdertyd die ballonne laat gaan. Baie van die ballonne het boodskappies van goeie wense vir Mev Nel, ‘n geliefde onderwyseres, daarop geskryf gehad.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



