‘n Feestelikheid vir koorliefhebbers
Met 2015 wat goed op dreef is, het die Albertonse Mannekoor 'n baie opwindende program wat in die smaak van alle koorliefhebbers sal val.

ALBERTON – Dan is daar ook ‘n aantal ander geleenthede later in die jaar wat gerus maar solank in dagboeke aangeteken kan word. Op 22 Mei bied die Mannekoor die Jeugtalentfees aan en op 16 Augustus is dit weer tyd vir die Mannekoorfees met Soiree Cholaris op 16 Oktober.
Intussen is die manne besig om hard te oefen vir hul nuwe CD opname.
Indien daar manne is wat wil aansluit by die gewilde koor, kan hulle 083 232 0359 kontak vir meer inligting.



