Die Gauteng Skole Atletiekkampioenskappe het op 13 en 14 Maart plaasgevind. Ekurhuleni-Suid het 'n algehele negende plek uit die 15 distrikte in Gauteng behaal.
ALBERTON – Tien van Marais Viljoen se atlete het die top agt posisies in hul items behaal.
James Majenge, Armouré le Roux en Nicole van der Merwe het ook gekwalifiseer om deel te neem aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe wat van 26 tot 28 Maart in Rustenburg plaasvind.
Nicole gaan egter nie aan die SA kampioenskappe deelneem nie, omdat sy in daardie tyd aan die IAAF Cross-Country World Championships gaan deelneem wat in Beijing, China plaasvind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!