NewsSchools

Meghan verower goud vir drie jaar in ‘n ry

Vanjaar sal die 3rde keer in 'n ry wees dan Megan Phillips van Alberton as die 100 meter naloop skole kampioen aangewys is.

ALBERTON- Vanjaar is die derde keer in ‘n ry dat Meghan Phillips, van Alberton, as die 100m naloop skolekampioen aangewys is.

Sy het in Maart dié jaar met die goud weggeloop by die SA Skolebyeenkoms in Rustenburg, met ‘n tyd van 12 sekondes vir meisies o.19.

Meghan, ‘n leerder aan Helpmekaar en ‘n Alberton inwoner, het eers in 2012 regtig ernstig begin hardloop. Slegs ‘n jaar later het sy haar eerste goue medalje verower, by die skole SA’s.

Haar mikpunt is om die 100m in 11.8 te hardloop en, hopenlik, volgende jaar aan die Wêreld Junior Kampioenskappe deel te neem. Maar eers moet sy haar skoolloopbaan voltooi en voorberei vir haar bedryfsingenieurswese studies by Tuks, in 2016.

Edgar, Meghan se pa, beklemtoon dat Meghan se afrigter, Stephané Kotzé, ‘n ongelooflike rol gespeel het in Megan se sukses as ‘n 100m atleet.

”Hy het ‘n kalm, rustige manier en dit het ‘n goeie invloed op Meghan gehad; die kombinasie was die regte een,” sê hy.

In Maart vanjaar het Mehgan ‘n seisoen beste van 12 sekondes gehardloop, ten spyte van die feit dat sy drie keer vanaf November haar dyspier geskeur het.

“Ek het partykeer nie gedink ek gaan dit maak nie,” sê Megan.

“As mens al daai dinge in ag neem is ons baie dankbaar oor haar tyd,” voeg ma Hannelie by.

Hannelie beklemtoon dat dit ‘n hele familie se ondersteuning verg om so ‘n droom te bewaarheid.

“As ons met vakansie gaan moet ons altyd die naaste baan opsoek en ten minste drie keer ‘n week sit die hele familie langs die baan vir ‘n uur en ‘n half terwyl Meghan oefen,” sê sy.

”Ek wil ook vir God, wat alles moontlik maak, eer en dank.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button