NewsSchools

Laerskool kore sing hul harte uit

Twee laerskool kore, van die Alberton omgewing, het deur gedring na die volgende rondtes van die Vivace 2015 koor kompetisie. Luister gerus na 'n potpourri van pragtige koorsang.

ALBERTON- Laerskool kore van regoor Alberton en omliggende areas, het Woensdag, 28 Julie, by Laerskool Generaal Alberts hul harte uitgesing vir ’n plek in die volgende rondte van die Vivace 2015 koorkompetisie.

Laerskool Orion het met die louere weggestap in die junior koor-afdeling en Randrefrein van Laerskool Randhart het die senior afdeling met ’n A++ gewen.

Luister gerus na ‘n potpourri van die senior se pragtige koorsang.

Derek Skinner, die organiseerder, sê hy het die kompetisie begin om blootstelling aan die land se skoolkore te bied. “Dit is belangrik om erkenning te gee aan die kore, hulle begeleiders en dirigente wat so hard werk. Dit moedig kore aan om nie op te hou nie,” sê Derek.

Een senior en een junior koor word uit elke streek gekies om in die grand finale by die Linder Auditorium, op 29 September, deel te neem.

Vir meer inligting skakel Derek Skinner by 072 900 4179.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button