ALBERTON- Laerskool Randhart se rugby het vanjaar ‘n hoogtepunt bereik.
Die volgende spanne het as wenners uit die Sentraal-Oosrand liga getree: o.9B afgerig deur Tommy Claassen, 0.10A afgerig deur Francois Venter, 0.10B onder die breier Jaco van der Westhuizen, die tweede span afgerig deur Rudi de Ru en die eerste span van breiers Conrad van der Merwe en Jaco du Preez.
Die 0.9A-span van afrigter Juan Labuschagne en die derde span van Michael Prinsloo was naaswenners.
Al vier die A-spanne het deurgedring na die Goue Leeus kwartfinale en drie het as wenners uit die stryd getree.
Geen skool in die Goue Leeus streek kon dit nog ooit vermag nie.



