Community AnnouncementsNews

Het jy ’n engelstem?

Die Rheinberger Kamerkoor het ’n goeie koorjaar onder die knie en nou is dit weer tyd vir oudisies vir 2016 se koor.

ALBERTON- Rheinberger Kamerkoor het ’n goeie koorjaar beleef en het weer aan die ATKV Animato Internasionale Koorkompetisie deelgeneem.

Tydens die uitdunne in Augustus het die koor deurgedring na die finale kompetisie wat op 4 Oktober by die Brooklyn Teater gehou word.

Die Rheinberger Kamerkoor het aan verskeie konserte, kerkoptredes en koorfeeste deelgeneem vanjaar, maar nou is dit weer tyd vir oudisies vir die 2016 koor.

Die oudisies vind op Woensdag 9 en 16 September by NG Kempton Kruin, in Kemptonpark, vanaf 18:00 to 20:00 plaas.

Skakel Maralie Theron by 083 226 1886 vir ’n afspraak of stuur ’n e-pos na oudisies@rheinbergerkoor.co.za.

Verwante artikel:

Muse van die melodie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button