NewsSchools

Trots op Jessica

Jessica Venter, ’n matrikulant aan Hoërskool Dinamika, het skoonskip gemaak by vanjaar se Alberton Kunswedstryd.

ALBERTON – Jessica Venter, ’n matrikulant aan Hoërskool Dinamika, het skoonskip gemaak by vanjaar se Alberton Kunswedstryd.

’n Gedetermineerde Jessica het gesê sy wil inskryf vir soveel kunswedstryd items as moontlik omdat sy haar skoolloopbaan behoorlik wou afsluit.

Sy het aan 20 items deelgeneem, wat een skryfstuk, twee voordrag en 17 sang items ingesluit het. Jessica het 18 diplomas en twee goue sertifikate verwerf en met die louere as itemwenner in 12 items weggestap.

By die Alberton Kunswedstryd se gala aand is Jessica ook aangewys as die algehele afdelingswenner in die vokale en klankbaan afdelings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button