DIE eerste Wêreld Bosbou Kongres op Afrika-grond is vroeër vandeesmaand in Durban gehou en om dit te vier het die Suid-Afrikaanse Poskantoor 50 000 velle herdinkingsposseëls gedruk.
September 17, 2015
Belinda Voortman en Jacobus Myburgh
Less than a minute
WATTER POSSEËLS? Die poskantoor het ook nog nie vir Mbali Matoti (21) van Vosloorus gesien nie. “Ek weet nie eers van die posseëls wat onlangs bekendgestel is nie. Ek gebruik my selfoon om te kommunikeer.”
Volgens die poskantoor is dit ’n klein aantal seëls in vergelyking met die drie miljoen positems wat hulle per dag aflewer.
RECORD-joernaliste, Belinda Voortman en Jacobus Myburgh, het met ’n notaboekie en ’n kamera Alberton se strate ingevaar om uit te vind of mense nog van die posdiens gebruik maak.
WATTER POSSEËLS? Die poskantoor het ook nog nie vir Mbali Matoti (21) van Vosloorus gesien nie. “Ek weet nie eers van die posseëls wat onlangs bekendgestel is nie. Ek gebruik my selfoon om te kommunikeer.”OUTYDS: Danny Morris (47), eienaar van Battery Boss, het gesê hy maak glad nie meer van die poskantoor se dienste gebruik nie omdat state en kommunikasie deesdae via e-pos gestuur word. “As jy nog briefies skryf kan jy maar ook jou kappie uit die ossewa gaan haal.”SELFOON VIR KOMMUNIKASIE: Hloni Mabena (28), ’n petroljoggie van Vosloorus, het nog nooit van die poskantoor gebruik gemaak nie. “My selfoon is die enigste middel wat ek vir kommunikasie gebruik. Dit is geriefliker om kitsboodskappe te kry as om vir ’n brief te wag en dis boonop baie goedkoper.”E-POS IS VINNIGER: Tracey Booysen (23), ’n student aan Boston City Campus en Business College en ’n ontvangsdame by AF Coetzee Prokureurs in New Redruth, het verduidelik dat selfs dié besigheid selde van tradisionele pos gebruik maak. “Ons e-pos en faks belangrike inligting deur.”KOURIERDIENSTE: Fiona Hancox (46), ’n rekenmeester by die Alberton Renault en Hyundai-tak, het gesê die maatskappy maak meestal van kourier- en e-posdienste gebruik. “Ons het wel ’n posbus by die poskantoor vir rekeninge en state wat afgelewer word, maar ons gebruik dit nie om items te versend nie.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
September 17, 2015
Belinda Voortman en Jacobus Myburgh
Less than a minute