NewsSchools

Marais Viljoen spog met tweede beste netbalspan in die land

Marais Viljoen se o.17 netbalspan is onlangs as die tweede beste span in die land aangekondig.

ALBERTONHoërskool Marais Viljoen se o.17 netbalspan is na afloop van die onlangse Suid-Afrikaanse Skole Netbalkampioenskappe gekroon as die tweede beste o.17-span in die land.

Onderweg na hierdie prestasie het dié span drie van hul vier groepwedstryde gewen.

In die kwartfinaal het hulle vinnig met Hoër Volkskool Potchefstroom afgereken en ook in die semi-finaal oor Potchefstroom Gimnasium geseëvier.

In die finaal het die span slegs met drie doele verloor teen Hoërskool Waterkloof.

Tydens die afgelope seisoen het dié 0.17-span hul liga en die Tuks-reeks vir makroskole gewen, wat hulle ’n algehele vyfde plek in Gauteng besorg het.

Hierdie spogprestasies sou nie moontlik gewees het sonder die toewyding en harde werk van hul afrigter, Marita Ferreira, en hul skeidsregter, Louise Hattingh, wat hul geïnspireer en gemotiveer het nie.

Verwante artikels:

Marais Viljoen opens sports centre

Marais Viljoen atlete wen groot

Marais Viljoen se krieketspelers vaar puik

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button