Hervormde Kerk hou Oktoberfest
Die Hervormde Kerk Alberton bied op 10 Oktober ’n Oktoberfest by die Alberton tennisklub aan van 10:00 tot laat. Feesgangers kan die Eisbeins Oempha orkes geniet en eg Duitse disse eet saam met ’n bier.

ALBERTON- Hervormde Kerk Alberton bied op 10 Oktober ’n Oktoberfees by die Alberton tennisklub aan van 10:00 tot laat.
Feesgangers kan die Eisbeins Oempha orkes geniet en eg Duitse disse eet oor ’n bier.
Verdere vermaak sluit Spaanse danse, volkspele en opkomende kunstenaars soos Aaron Nel in. Vir die kinders is daar gesigverf en springkastele om op te baljaar.
Stalletjies sal snuisterye en handgemaakte artikels verkoop.
Maak gebruik van Du Plessis Straat in Alberton vir veilige parkering teen R30 per motor.
Vir stalletjie besprekings skakel Jannie Meyer by 082 462 7615.



