Community AnnouncementsNews
Mannekoor tree op by Hervormingsfees
Kom luister gerus na die Alberton Mannekoor by die Hervormingfees op 25 Oktober by die NG Kerk Alberton Oos om 09:00.

ALBERTON- Alberton se Mannekoor, onder leiding van Bennie Bierman, tree by die NG Kerk Alberton Oos se Hervormingsfees op.
Inwoners word uitgenooi om die spesiale optrede op Sondag, 25 Oktober, om 09:00 by die kerk, op die hoek van Berg en Jan Coetzee strate in Florentia, by te woon.
Ds Willie Badenhorst sal die erediens lei.
Skakel Stony Steenkamp by 011 869 0610 of 083 384 3248 vir meer besonderhede.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



