Community AnnouncementsNews

’n Aand onder die sterre saam met Joshua na die Reën

La Rochelle Gasteplaas in Drumblade bied ’n somer piekniek konsert aan vir die hele familie saam met Joshua na die reën op 7 November om 17:30.

ALBERTON- La Rochelle Gasteplaas in Drumblade bied ’n somer piekniek konsert aan met Joshua na die reën op 7 November om 17:30.

Bring jou hele familie, pak ’n piekniekmandjie, bring ’n paar kampstoele en geniet ’n aand met heerlike musiek in die vars plaas lug. Joshua se nuwe album word in 2016 vrygestel en konsertgangers kan rustig luister na ’n voorsmakie van die liedjies uit sy eie pen.

Heerlike koffie en koek sal te koop aangebied word.

Kaartjies beloop R120 vir volwassenes en kinders ses tot 12 jaar betaal slegs R50. Om kaartjies te bespreek kontak Isabella de Villiers op 083 708 7316, stuur ’n e-pos na stay@olivelife.co.za of besoek www.olivelife.co.za

Lees gerus meer oor Joshua na die Reën

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button