Community AnnouncementsNews

Kom doen jou Kersinkopies by die Doxa Kersmark

Die Meyersdal Doxa Deo Kersmark is weer hier. Maak ’n draai by die gewilde mark vanaf Dinsdag, 24 November, tot Saterdag, 28 November.

ALBERTON- Die gewilde Meyersdal Doxa Deo Kersmark is weer hier en is beslis ’n mark wat nie misgeloop moet word nie.

As jy van kreatiewe en oorspronklike Kersgeskenke hou, maak ’n draai vanaf Dinsdag, 24 November, tot Saterdag, 28 November, by die Doxa Deo kampus by Grey Villea Straat 10 in Meyersdal.

Die mark begin om 09:00 en gedurende die week sal dit tot 18:30 oop wees. Saterdag open die mark om 09:00 en sluit 14:00.

Vir meer inligting skakel gerus die kerk by 011 867 5983.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button