Local NewsNews

Brandpunt Kameraklub pryswenners

Brandpunt Kameraklub het hul algehele wenners en beste foto’s vanjaar onlangs aangekondig en gelukgewens.

ALBERTON – Brandpunt Kameraklub het hul algehele wenners en beste foto’s vanjaar onlangs aangekondig en gelukgewens.

Die lid met die meeste salonaanvaardings was Aubrey Siebert met sewe eerste plekke, twee naaswenners, 57 meriete toekennings, en 254 aanvaardings. Aubrey kom ook sewende in die Impala Trofee Fotograaf Kompetisie.

 

Die Victrix vir 2015 oftewel die lid wat die meeste punte behaal het vir foto’s by die klub ingeskryf, was Theona Hilder met twee beste junior pryse, 19 meriete toekennings, 16 goud en een silwer toekenning.

Die klub wil ook hul dank uitspreek aan lede wat die klub geleenthede aangenaam maak.

Indien u sou belangstel om lid te word van die Brandpunt Kameraklub kontak gerus Theona by randpuntkk@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button