CMR soek ‘n kop vir syfers
CMR Alberton is dringend op soek na 'n persoon om 'n pos te vul wat so ietsie van alles insluit.
Kandidate moet ‘n finansiële agtergrond tot by proefbalansstaat en opstel van bestuursverslae hê.
Verder sal daar noue samewerking met die bestuur wees vir bemarking, sowel as samewerking met ander personeel. Vaardigheid in beide Engels en Afrikaans is ‘n voorvereiste en natuurlik ook die nodige rekenaarvaardighede en ‘n geldige rybewys met eie vervoer.
Aansoeke vir die pos sluit op 31 Desember. Stuur CV aan: finansiesirene@telkomsa.net, faks na 011 907 9189, of skakel 011 907 2922 vir meer inligting.



