Geloftediens by NG Kerk
DIE Geloftefeeskomitee en die Voortrekkers van Alberton hou ’n Geloftediens op Woensdag, 16 Desember, om 09:00 by die NG Kerk Alberton-Wes. Dr. Jerry Fourie, een van NG Kerk Alberton-Wes se plaaslike leraars sal die diens lei. Voorsang sal van 08:45 af onder leiding van Pieter van Staden plaasvind met Dennis Stander as orrelis. Die Voortrekkers …

DIE Geloftefeeskomitee en die Voortrekkers van Alberton hou ’n Geloftediens op Woensdag, 16 Desember, om 09:00 by die NG Kerk Alberton-Wes.
Dr. Jerry Fourie, een van NG Kerk Alberton-Wes se plaaslike leraars sal die diens lei. Voorsang sal van 08:45 af onder leiding van Pieter van Staden plaasvind met Dennis Stander as orrelis.
Die Voortrekkers werk saam met die Geloftefeeskomitee om sukses te verseker. Hulle sal ook ‘n uitstalling in die kerksaal aanbied en na die afloop van die verrigtinge sal die Voortrekkers ’n deurkollekte opneem.



