ALBERTON – Brandpunt Kameraklub het hul top foto’s vir Desember onlangs aangekondig.
“Baie geluk aan Amanda Gerber en Peter Thomas van die Brandpunt Kameraklub met hulle welverdiende wen,” sê woordvoerder, Theona Hilder.
Die volgende vergadering is op Maandag, 18 Januarie, 2016. Stuur ’n e-pos na brandpuntkk@gmail.com indien jy in 2016 by die klub wil aansluit.
“Namens die Brandpunt Kameraklub wens ons Alberton en al ons lede ’n geseënde feestyd toe,” het Hilder gesê.




