DIE “A-Span” van die Alberton Aftree-Oord, by Kritzingerweg 45, in Florentia, bak elke tweede Maandag.
Bakdae vir die volgende drie maande is op 14 Maart, 4 en 18 April, 9 Mei, en 29 Mei. Volgens publieke kommentaar is die oord se pannekoek steeds die gewildste.
“Ons sê ook baie dankie vir almal se getroue ondersteuning,” het Rienie Strydom gesê.
Bestellings vir pannekoeke, jaffels, kerrie en rys en vetkoeke kan telefonies geplaas word op ‘n Donderdag voor ‘n bakdag.
Plaas bestellings by Renie by 011 907 8641, Lynette by 079 523 5437, Joan by 071 873 3763 of per faks by 086 618 9955.
Lees ook :
GALLERY: Aalwyn prag in die Alberton aftree-oord
Alberton Aftree-Oord se tuine word verder verfraai
Dit is weer kermistyd by Alberton Aftree-Oord



