HOËRSKOOL Dinamika het Vrydag, 26 Februarie, ’n fondsinsameling by die skool gehou om diegene wat met kanker worstel, te help. Die dagbestuur het dit goedgedink om die leerders se hare verskillende kleure te sprei en ook sodoende geld in te samel.
Dié kleurvolle gebeurtenis het tydens pouse plaasgevind en die leerders het R2 240 vir Kansa ingesamel en daadwerklik Dinamika trots gemaak.
Lees ook:
*albertonrecord.co.za/91136/95-onderskeidings-vir-dinamika/;
*albertonrecord.co.za/86375/dinamika-se-rugbytrots/;
*albertonrecord.co.za/60975/dinamika-atlete-deur-na-gauteng/



