Kinders word uitgenooi
Daar word weekliks op Vrydae ’n naskoolprogram vir kinders by Ligstad aangebied.
DAAR word weekliks op Vrydae ’n naskoolprogram vir kinders by Ligstad aangebied. Die progam het oorspronklik in Augustus 2015 begin met ’n weeklikse program, Goeie Nuus Uur by Ligstad. Dié sessie is vasgestel in die weeklikse program van Ligstad op Vrydae om 15:00 in die Feeskerkgebou. Die program word gefasiliteer deur ds. Deon Louw van NG Alberton-Wes en die personeel van Ligstad. Hierdie sessie is ’n kinderevangelisasieprogram wat bestaan uit gebed, teksversmemorisering, Bybelverhaal, hersieningspeletjies, sendingverhale en praktiese aktiwiteite.
Die doel van hierdie bediening is om die kinders van Ligstad te bemagtig deur Bybelkennis op te doen en die evangelie prakties in hulle lewens toe te pas. Hiermee saam rig Ligstad ook graag ’n uitnodiging aan ander kinders in die gemeenskap wat hierdie weeklikse geleentheid sou wou bywoon, om aan te sluit.
Vir meer inligting, skakel 011 869 0001 of 011 869 1273.



