DANKIE: Leerders van die graad 3.4 klas by Laerskool President Steyn spog met hul nuwe T-hemde wat hulle tydens die kaskarwedren sal dra. Voor saam met die leerders is Evert Lombard (onderwyser), Elmarie Venter (onderwyseres), Cornelie Tilli (Matrix) en Elmarie Kennedy van Alberton Kindersorg.
DIE graad 3.4 leerders van Laerskool President Steyn het Woensdag, 9 Maart, met breë glimlagte op die verhoog op gestap nadat hulle nuwe T-hemde ontvang het.
Matrix Warehouse se bedryfsdirekteur, Corneli Tilli, het gesê dat hulle 35 hempies geskenk het in samewerking met Alberton Kindersorg.
Volgens Elmarie Kennedy van Alberton Kindersorg, word die organisasies op dié manier bemark en nuwe verhoudinge word opgebou. Die leerlinge gaan die hempies tydens die kaskarwedren dra. Sy het die kinders ook oor die organisasie ingelig en vir hulle ’n gedig voorgelees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!