Local NewsNews

Toastmasters wys wenners aan

Hierdie bekkige Afrikaanssprekendes staan beslis nie terug vir ’n uitdaging in Engels nie.

NEE kyk, hierdie bekkige Afrikaanssprekendes staan beslis nie terug vir ’n uitdaging in Engels nie.

Afrikaanse Toastmasters Alberton het sy internasionale Engels voorbereide toespraak- en evalueringskompetisies Donderdagaand, 10 Maart, gehou.

Adri Rothmann het skoonskip gemaak in die evalueringskompetisie, terwyl Lee-Ann Sinden die wenner van die voorbereide toespraakkompetisie was. Die naaswenners was Marchárl Jankowitz en Adri Rothmann onderskeidelik.

Die klub wil die wenners gelukwens en hul dank oordra aan almal wat die aand ’n reuse sukses gemaak het asook aan Mark Eifler wat die foto’s geneem het.

Die wenners en naaswenners sal deurdring na die i1-areakompetisie wat Donderdagaand, 14 April, deur Afrikaanse Toastmasters Alberton aangebied word. Almal is welkom om hulle te kom ondersteun.

Afrikaanse Toastmasters Alberton vergader op die tweede en vierde Donderdagaand van elke maand om 19:00 by die NG Kerk South Crest, hoek van Basson- en Jan Meyerstrate, South Crest, Alberton.

Die roeping van ’n Toastmasters-klub is om ’n wedersydse ondersteunende en positiewe leeromgewing te verskaf waarin elke lid die geleentheid het om kommunikasie- en leierskapsvaardighede te ontwikkel, wat op sy beurt selfvertroue en persoonlike groei kweek.

Vir verdere inligting aangaande toekomstige byeenkomste kontak Marchárl by 063 217 3653 of marcharlj@gmail.com

Lees ook:

https://albertonrecord.co.za/97090/come-and-join-alberton-toastmasters-2/

albertonrecord.co.za/99519/celebrate-30-years-with-toastmasters/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button