’N DAMESTEE vind op Saterdag 9 April by die NG Oos Gemeente/PPK Kleinbegin op die hoek van Bergh- en Jan Coetzeestraat in Florentia plaas.
Dié is een spog funksie wat nie misgeloop moet word nie. Die tee begin om 09:00 en kaartjies kos R100 per persoon. Daar gaan gaste soos Elize Blignaut, Florie de Lange en Martin Dewee te siene wees.
Mense kan ook lofsang en danse verwag. Vir meer inligting, skakel 011 869 0610.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



