Bespreek nou vir wegbreek
Vir meer inligting, skakel Kallie by 084 657 1611 of Desiree by 084 553 5584.
SENIOR burgers is nog betyds om ’n wegbreek by die Rotary Vakansie Oord in Badplaas te bespreek.
Daar is nog ’n paar kamers beskikbaar en die bus vetrek vanaf die Alberton Aftree Oord om 07:00 op 8 Mei en keer weer op 15 Mei terug. Dit sluit verblyf en drie etes per dag in. Toegang tot alle geriewe by die Forever Resort Badplaas is ook gratis.
Kom saam en ontspan in ’n veilige omgewing met pragtige natuurskoon. Vir meer inligting, skakel Kallie by 084 657 1611 of Desiree by 084 553 5584.



