Local NewsNews

Brackenhurst-tak is tweede

Dertien items was deur agt lede gelewer.

TWAALF lede van die Brackenhurst VLU-tak het die Goue-Suide Konferensie wat op 12 Maart in Vereeniging plaasgevind het bygewoon en puik presteer.

Sewentien lede het aan die kompetisies onder die verskillende kategorieë deelgeneem en 37 artikels uit die tak (asook ’n takalbum) is ingeskryf vir die onderskeie kompetisies. Brackenhurst behaal ’n totaal van 2 407 punte. Dit is slegs 25 punte minder as wat die Rensburgtak, die wennertak, behaal het en 82 punte meer as die tak wat in die derde plek was.

Brackenhurst verower een trofee, naamlik die Pro Rata trofee waar hulle die tak se aantal inskrywings teenoor punte gekry, bereken. Die trofee se plaatjie lees Pro Rata meeste punte.

Dertien items gelewer deur agt lede, kwalifiseer vir deelname aan Kongres 2016, naamlik:

*Fotografie: Weerkaatsing – Lucia Wilson.

*Handvlyt: Ses Kersboomversierings – Barbara Steenkamp, Anna-Marie du Plooy en Barbara van Jaarsveld.

*Hekelwerk: Artikel in vryhandhekelwerk – Elize Smook (eerste) en Barbara Steenkamp.

*Skets: ’n Blom – Magriet Coetzee, Lucia Wilson en Barbara van Jaarsveld.

*Poësie: Die Kongres – Barbara van Jaarsveld, Barbara Steenkamp en Susie du Plooy.

*Masjienwerk: Gevoerde damesromp – Petro Toulson.

Verskeie artikels het tweede en derde plekke behaal, maar Brackenhurst is baie trots op elke lid se bydrae. Anita Liesching het ’n sertifikaat vir verdienstelike skakelwerk ontvang.

Susie du Plooy (voorsitter) het haar dank en trots teenoor die lede uitgespreek. Vir meer inligting oor die tak, skakel Anita by 083 457 6332.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button