Local NewsNews

Sestig wonderlike jare

Nick en Malie Swart is al vir 60 jaar lank getroud.

DIE RAAD van die egpaar, Nick (81) en Malie (81) Swart, wat onlangs 60 jaar getroud is, is om geloof in jou verhouding te hê.

Die tweetjies het mekaar in 1950 op ’n plaas, tydens ’n partytjie, ontmoet.

Met Nick wat in Alberton gewoon het en Malie wat in Heilbron gebly het, het hulle vir ’n hele ruk ’n langafstandverhouding gehandhaaf.

“Ek het God gevra vir ’n goeie vrou en ek het haar gekry,” het Nick met ’n glimlag gesê.

Hulle is toe op 7 April, 1956, in Heilbron in die ou Klipkerk getroud.

 

SESTIGSTE: Hul dogter, Riekie, het die egpaar vir hulle 60ste huweliksherdenking uitgeneem.
SESTIGSTE: Hul dogter, Riekie, het die egpaar vir hulle 60ste huweliksherdenking uitgeneem.

 

“Ons troue was baie spesiaal en dit was nie soos vandag se troues nie,” het Nick gesê.

Die egpaar woon al vir 58 jaar in hul huis in Berghweg, in Alberton.

Nege jaar nadat hulle getroud is, het Malie hul eersteling verwag. Nick en Malie het vyf kinders, 11 kleinkinders en vier agterkleinkinders.

Nick het ook aan die RECORD vertel dat hy en sy vrou nog nooit baklei het nie, omdat hulle ’n ooreenkoms gehad het dat hulle nie aan mekaar moet karring wanneer dit lyk of een van hulle ’n slegte dag gehad het nie.

Hulle het die afgelope 60 jaar as wonderlike jare beskryf en, volgens Malie, is dit tot vandag nog ’n goeie huwelik.

Hulle raad vir jonges is om net God as ’n vennoot te hê, verdraagsaam te wees, en respek te hê en mekaar te ondersteun.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button