Local NewsNews

Bejaardes lê na aan organisasie se hart

Oudword is beslis nie vir sissies nie.

JASON van Rensburg, Alberton Solidariteit Helpende Hand se jongste ondersteuner, het tydens ’n besoek op Saterdag 23 April aan die Jafta Tehuis vir Bejaardes, die bejaardes verwelkom met ’n gekleurde hartjie plakker om hulle te verseker dat die organisasie omgee.

Sommige het bewoë geraak, party was verstom en ander was verras.

Afrikaanse musiek uit vervloë dae is gespeel en sodra Jason die musiek afgedraai het, het van die lede vrae gevra. Volgens die antwoorde het hulle pryse uitgedeel soos gebreide poppe, sagte speelgoed, gehekelde serpies, sokkies asook knie komberse.

Vrae soos: “Wat was die beste raad wat jou pa vir jou as kind gegee het?”, “Wat was jou troetelnaam vir jou ma?,” “Wat is God se grootste doel op aarde vir ons as mense?”, “Wat is die beste raad vir ’n jongmens?”, “Wat is die grootste waarskuwing vir ’n jongmens?” en “Wat is die bekendste pop in die wêreld se naam?” is gevra.

Daar is sowat ’n honderd, en meestal verswakte bejaardes by Jafta in die Suide woonagtig.

Sue Erasmus het lekker vars, tuisgebakte kolwyntjies verskaf, Sanchi Leibach het heerlike kolwyntjies gebak en Chris Kause het gesorg vir geurige frikkadelletjies tydens teetyd.

“Hoewel die bejaardes nie aktief betrokke was nie, het hulle ons musiek kuieroggend en eetgoed regtig baie geniet en waardeer. Dit het ons as lede weereens laat besef hoe belangrik jou gesondheid is en hoe dankbaar ons moet wees vir elke goeie dag in ons lewe,” het Judy Muller, die tak voorsitter, gesê. “Oudword is beslis nie vir sissies nie. Helpende Hand het ’n baie sagte plekkie vir ons bejaardes.”

Sou enigeen ook betrokke wil raak by Helpende Hand se bejaarde uitreike, kan Lynda Scheepers by 072 606 6977 geskakel word of ’n e-pos na Shh.alberton@gmail.com gestuur word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button