LIGSTAD is tans besig om vier nuwe klaskamers vir hul kleuterskool aan te bou.
Volgens Gerda Roestof, hoof van die kleuterskool en graad R-klasse, behoort die klaskamers binne die volgende twee maande klaar te wees. “Ons is so opgewonde en ek kan nie wag om die ouers op my waglys te skakel nie,” het sy gesê.
Ligstad kyk weekliks na 45 kleuters en met die nuwe klasse kan hulle na nog meer kleuters omsien. Die hoofdoel van die klasse is om Ligstad verder te ontwikkel, te verbeter en sodoende meer plek vir nog kleuters te hê.
Ligstad bedank die volgende persone en maatskappye wat tot dusver donasies en gratis werk gelewer het:
*Growthpoint Properties – John Verwey/Koot Venter
*Above All Solutions – Edu Botha
*Timeless Sheeting – Frikkie Carelsen
*Midvaal Structures – Rudi Stols
*Multidex – Douglas Botha
*Hillbert Construction – Albert Hills
*Summit Designs – Dries van Straten
*GP Greeff Architects – Gawie Greeff



