Local NewsNews

Vroue leer meer oor skrywers

Vir meer inligting, skakel Dini Jansen by 082 552 4683 of Dalien Groenewald by 011 869 7483.

DIE 786ste vergadering van die VLU se Sonskyn-tak is op Maandag 9 Mei gehou.

Ondervoorsitter, Marie Niemand, het die vergadering gelei. Nege lede was teenwoordig en van die hoogtepunte was die resensies oor die skrywers van die jaar.

Nicci du Preez het lede meer vertel oor Gareth Crocker en Marie oor Marita van der Vyver. Verder was Barbara Steenkamp ook daar om die kompetisie-artikels te beoordeel. Sy het ook raad oor hoe om die artikels te verbeter gegee. Barbara het lede ook aangemoedig om hulle VLU-handleidings te gebruik wanneer hulle artikels voorberei.

Nicci het vertel dat sy op Moedersdag kolwyntjies aan ma’s in haar omgewing uitgedeel het. “Dit was net lekker om iets vir ander te doen,” het sy gesê.

Gertie Myburgh het bedank weens haar gesondheid en lede het haar as ’n VLU-staatmaker beskryf.

’n Werksklas oor hoe om met koorde te vleg word op 26 Mei om 09:00 by die NG Kerk se Oosgemeente gehou. Dit kos R10 per persoon en enige belangstellendes is welkom.

Sonskyn-tak rig ook ’n versoek aan vroue om by hulle aan te sluit. Vir meer inligting, skakel Dini Jansen by 082 552 4683 of Dalien Groenewald by 011 869 7483.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button