Ondersteun Alberton Aftree-Oord
Vir meer inligting, skakel die kantoor Renie Strydom by 011 907 8641.
DIE ALBERTON Aftree-Oordkomitee bied ‘n potjiekos-middagete op Saterdag, 4 Junie aan.
Kostes beloop R40 per bord. Mense kan ook die koek- en poedingtafel besoek vir lekkernye. Uitstaltafels is ook beskikbaar. Daar is net ‘n beperkte aantal potjiekosetes beskikbaar. Om teleurstelling te voorkom plaas bestellings vooraf. ‘n Pretloop gaan ook by die oord plaasvind tydens die dag en dit gaan R10 per persoon kos.
Die oord nooi mense om die dag te ondersteun omdat dit ’n geldinsamelingsprojek vir die oord is.
Vir meer inligting, skakel die kantoor Renie Strydom by 011 907 8641.



