HOËRSKOOL Dinamika se netbaldogters het uitstekend tydens die Super 12-reeks gevaar. Gedurende die finaal, wat op 23 April by Hoërskool Brandwag in Benoni plaasgevind het, het Dinamika-spelers behoorlik gewys wat in hulle steek.
Hoërskool Dinamika se o.17A-span het ’n welverdiende vierde plek opgeraap terwyl die eerstespan vyfde geëindig het. Die o.14A- en o.15A-spanne spog albei met nommer een posisies.
Dinamika het as die algehele wenners uit die reeks getree.



